Testimonial #05

Ek wil net vir jou dankie sê vir die juweel van n versorger wat my pa help! Claudine is uitstekend in haar werk. Sy is saggeaard, maar weet ook presies hoe om my pa te motiveer om nuwe bewegings te probeer en te oefen. My pa en die tannie kom baie goed met haar oor die weg. Sy is voorwaar n raakvatter – ook in die res van die huis.